EREDIENS
Die Getuie, 20 Junie 2021
Op Sondag, 20 Junie 2021, om 10 uur is daar weer ‘n erediens in die Melkweg kerk. Die diens word gelei deur dr. Arthur Miskin.
Diensbeurt: Knysna Wes
Ouderling: André Korsten
Diaken: Christa Boshoff
Kollekte: Diakonale kas
SDDS Kinderhuise
Katkisasie: Katkisasie les 13
Preek Sondag: Skriflesing: Hebreërs 1:1-4
Johannes 1:1-5 en 16-18
⦁ Meelewing
Baie sterkte aan almal wat siek is, tuis of in die hospitaal, hartseer beleef of swaardra aan bekommernis. Ons dra almal op aan die liefde en genade van ons Almagtige Vader.
⦁ In memoriam
Prof. Cassie Venter (81) is op Dinsdag, 15 Junie 2021 oorlede. Hy was vir sowat 20 jaar verbonde aan die Teologiese Skool in Potchefstroom. Sy vrou, Mariana, is in 2018 oorlede.
⦁ Gelukwensing
Ons wens graag vir Ena Theunissen geluk met haar verjaarsdag op Saterdag, 26 Junie. Mag God wat vrede gee haar geheel en al na gees, siel en liggaam in hierdie nuwe lewensjaar bewaar en elke dag sy liefde aan haar openbaar.
⦁ Gereformeerde Kerk Bloemfontein
Hierdie kerkgebou is in die middestad van Bloemfontein. Die gebou is verkoop en word nou heeltemal afgebreek. Ons gemeente het van die kerkbanke ontvang asook die preekstoel. Die tafel voor in die Melkweg kerkgebou en die stoel by die preekstoel was ook deel van daardie gemeente.
⦁ In die Skriflig/In luce Verbi (www.indieskriflig.org.za)
Dit is ‘n akademiese tydskrif wat behoort aan die Gereformeerde Teologiese Werkgemeenskap (GTW) en in samewerking met die Eenheid vir Reformatoriese Teologie en Ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse Samelewing van die Fakulteit Teologie van die Noordwes-Universiteit uitgegee word. Die fokus van die tydskrif is die bestudering en bevordering van Gereformeerde teologie in Afrika. Die tydskrif is op verskillende nasionale en internasionale lyste geïndekseer. Navorsingsartikels kan gratis afgelaai word. In 2021 is tot dusver 29 artikels in die tydskrif gepubliseer. (https://indieskriflig.org.za/index.php/skriflig/issue/archive) Alle navorsingsartikels wat in die tydskrif se fokus val, is welkom. Die artikels kan aanlyn voorgelê word of navraag kan gerig word aan: 20978839@nwu.ac.za
In die Skriflig/In Luce Verbi is a theological and acclaimed Open Access journal that serves as the official journal of the Reformed Theological Society (Gereformeerde Teologiese Werksgemeenskap). It focuses on Reformed Theology, specifically but not exclusively within an African context. The journal encourages research from all of the disciplines within theology and is specifically interested in innovative and original research that engages critically with the basic tenets of reformed theology and contributes to its development both in terms of theological depth and application to modern contexts. All contributions are refereed anonymously by at least three scholars who are recognised as specialists in the particular field of study. English, Afrikaans and Dutch are the general languages of publication, but articles in German will also be considered.
Kontakbesonderhede Gereformeerde Kerk Plett/Knysna:
- Ds Braam van der Walt. braamvdwalt61@gmail.com Sel: 082 779 0354
- Skriba: Corrie Pieterse. corrie@tsitotal.co.za Sel: 082 452 3363
- Voorsitter Finansies: André Korsten. andre@africanaffair.net Sel: 082 782 9626
- Bankbesonderhede: Nedbank. Rekeningnommer: 118 435 3514