EREDIENS
Sondag, 4 April, sal daar weer om 10 uur ‘n erediens in die Melkweg kerkie wees. Die erediens sal gelei word deur ds Braam van der Walt.
Diensbeurt: Plett 3
Kollekte: Bybelgenootskap. Spesiale kollekte: Instandhouding van die erediens
Daar is jou Moeder. (Joh.19:27)
Hierdie toneel gryp mense deur die eeue aan: ‘n ma by haar geliefde Seun wat aan ‘n kruis sterf. Sy staan saam met die ander wenende vroue van Golgota, tot die laaste toe. Oorlewering wil dit hê dat toe hulle Jesus se liggaam van die kruis afgehaal het, sy Hom vir oulaas in haar arms geneem en Hy op haar skoot gelê het, gebreek, verwond en bebloed. In Michelangelo se eerste beroemde Piëta, die marmerbeeld van Maria en Jesus, het hy haar uitgebeeld met neergeslane oë, vol smart, maar ook met ‘n byna boaardse aanvaarding.
Vrou van smarte. ‘n Swaard het deur haar hart gegaan, soos die ou profeet Simeon in die tempel jare tevore voorspel het. Sterwende sien Jesus haar, die treurende eensame, en Hy sien sy geliefde dissipel Johannes en sê: “Daar is u seun.” En vir Johannes: “Daar is jou moeder.” Dis sy aardse “testament”, die sorg van ‘n vriend, want hulle het selfs sy klere gevat. Vreemde tonele speel hulle op Golgota af. Vreemde paaie van God kruis in Maria se lewe.
En vreemde paaie van God kruis soms in ons lewe. Ons is deel van ‘n misterie, maar ons mis die erkenning van ‘n geheimenis groter as ons. Pyn en genade vleg soms onverklaarbaar ineen. Dood is naby lewe. Neerlaag naby oorwinning. Trane na aan troos. Maria gaan saam met Johannes huis toe wanneer dit donker word op Golgota. En wanneer dit vir ons finaal donker word op aarde, gaan ons saam met Jesus huis toe, waar ons hoort, by die Vader. (In die Teenwoordigheid van God deur Izak de Villiers)

Meelewing
Baie sterkte aan almal wat siek is, tuis of in die hospitaal, hartseer beleef of swaardra aan bekommernis.
Ons dra almal op aan die liefde en genade van ons Almagtige Vader.
Gelukwensing
Baie geluk, aan Ida van de Wetering wat Maandag, 29 Maart, verjaar het. Mag sy hierdie jaar vreugdevolle oomblikke en seën van Bo ontvang en gevul word met die Heilige Gees.

Hans, Ida, Bianca en Ida
Gelukwensing
Baie geluk aan Daniël Brauer wat ook Maandag, 29 Maart, verjaar het. Ons wens is dat hy sal groei en grootword omhul in die beskerming van ons genadige Vader.

Daniël

Ons kleinste lidmaatjie, Maria, by haar tweelingsussies, Mart en Bea.
Dogtertjies van Tom en Tonja van Zyl
Algemene inligting:
Klere en ander artikels
Klere en ander artikels wat nie meer gebruik word nie, kan aan Corrie Pieterse gegee word om verkoop te word ter stywing van die gemeente se finansies. Om dit vir hom te vergemaklik het hy versoek dat die prys daarop aangebring word.
Maskers
Almal word versoek om maskers by die kerk en tydens die erediens te dra.
Die Kerkblad
Johan van Tonder tree op as skakelpersoon vanuit ons gemeente.
Vir intekening:
Tel. 018 297 3986
bestellings@gksa.co.za/kerkblad@gksa.co.za
Gedrukte uitgawes: R434
Elektronies e-pos: R126
11 Uitgawes
Kontakbesonderhede:
- Ds Braam van der Walt. braamvdwalt61@gmail.com Sel: 082 779 0354
- Skriba: Corrie Pieterse. corrie@tsitotal.co.za Sel: 082 452 3363
- Voorsitter Finansies: André Korsten. andre@africanaffair.net Sel: 082 782 9626
- Bankbesonderhede: Nedbank. Rekeningnommer: 118 435 3514
Die Kerkblad en Engelse Bybels
Onthou asseblief om u naam op die vorm by die deur in te vul. Ons wil graag weet wie ‘n Engelse Bybel wil
neem en wie reeds ‘n intekenaar van Die Kerkblad is asook wie stel belang om nog in te teken.
Onderhoud
Die Redakteur van Die Kerkblad, dr Callie Coetzee, se volgende onderhoud is op 28 Maart 2021 op Pta FM om
7:45. U kan ook inskakel op 104.2/106.6MHz of TV oudiokanaal 887.
Bybelstudie
Bybelstudie in Knysna is D.V. op Maandag, 22 Maart, om 18:00 te Circular Rylaan 56. Ds Braam lei die
bespreking oor Geloof.
Sinode
Die Deputate Programmering van die Algemene Sinode het tot die konklusie gekom dat die Algemene Sinode
nie vir Januarie 2022 opgeroep word nie, maar uitgestel word tot Januarie 2023. Die spesifieke dae sal
vasgemaak word wanneer die nodige inligting rondom die onderwyskalender deur die Onerwysdepartement
vrygestel word. Alle deputate se werksaamhede kontinueer tot en met die Algemene Sinode 2023. Die datum
vir inhandiging van rapporte vir die Agenda is einde Junie 2022 en vir die Aanvullende Agenda einde Oktober
2022.
Beroepbaarstelling
Die volgende studente is beroepbaar gestel: Philip Hattingh, David Letebele, Jaco Linde en Izak van der
Westhuizen

Habakuk 3 (Griekwapsalms – Hans du Plessis)
Al sallie doringse innie veld nie meer wil blommie
ennie wingerde oppie jaartse se troste willie kommie;
al sallie dadelse nou niks dadelse meer dra nie
en dit nie jelp om te putse virrie water te gra nie;
al sal da nie meer skaap innie kampe in wesie,
innie krale is da nie meer bok, of eers ‘n besie,
dan sal ek nog altyd innie Jirre sit jibbel en jyg,
want die Jirre red dies wat voor Hom byg.
Hy gjee my voete vanne gemsbok, die Kalarie lê oop,
en ek sal nou veilig hie oppie hoogste dyne kan loop.
In hierdie Paasfees :
Joh. 19:30 Nadat Jesus die suur wyn gekry het, het Hy gesê: “Dit is volbring!”
Ps. 121 Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? My hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.

