25 April

EREDIENS

Op Sondag, 25 April 2021, om 10 uur is daar weer ‘n erediens in die Melkweg kerkie. Die diens word
gelei deur ds Braam van der Walt.

Diensbeurt: Knysna Wes: Oudl. Ras Venter en diaken Christa Boshoff

Kollekte: Diakonale kas en deputate Jeugsorg

Katkisasie: Geen katkisasie

Preek Sondag: Skrifgedeelte: Genesis 17:1-27 Fokusverse: Vss. 7, 10b, 19
Tema: Ek het een vaste sekerheid in hierdie lewe: Ek behoort aan die ewige God.

                                                 •Meelewing

Baie sterkte aan almal wat siek is, tuis of in die hospitaal, hartseer beleef of swaardra aan bekommernis.

Ons dra almal op aan die liefde en genade van ons Almagtige Vader. Ons dink in die besonder aan Salomie wat besig is om te herstel na ‘n skielike operasie.

                                                •Gelukwensing

Baie geluk aan AB en Amanda van der Walt asook aan ds Braam en Alvira met die pragtige nuwe dogtertjie. Amira, Madelaine is gebore op 22 April 2021. Ons bid haar die Here se seën en liefde toe.

Mag sy vir almal om haar ‘n ligstraal wees en groei in die kennis van ons Vader se alomteenwoordige
sorg.

                                             •Ons Belydenisskrifte

Die Twaalf Artikels van die Algemene Ongetwyfelde Christelike Geloof

Die Christelike Kerk noem hierdie Belydenisskrif die Apostoliese Geloofsbelydenis. Dit het reeds vanaf die 2e eeu sy ontstaan gehad en het verder ontwikkel totdat dit ongeveer die vierde eeu sy finale
beslag gekry het.

Die Geloofsbelydenis van Nicéa

Dit word genoem na die plek Nicéa (Klein-Asië) waar daar in die jaar 325 ‘n Sinode gehou is en waar die dwalings van Arius verwerp is.

Die finale vorm is egter eers van ‘n later datum, waarskynlik van die Sinode van Konstantinopel, 381.

Die Geloofsbelydenis van Athanasius

Dit is genoem na Athanasius, die verdediger van die Skriftuurlike leer teen die dwalings van Arius in die 4e eeu, alhoewel dit betwyfel word of dit Athanasius self was wat dit opgestel het. Dit vertolk
egter die Kerk se standpunt oor die leer van die Drie-eenheid.

Die Nederlandse Geloofbelydenis

Die Christelike belydenis van die Nederlandse kerke wat die hoofinhoud van die leer in verband met God en die ewige saligheid van siele insluit, in ‘n tyd van groot vervolging van Protestantse Kerke, is hierdie Belydenisskrif deur Guide de Bres opgestel.

Dit was in 1561 in die Suidelike Nederlande
(vandag België). Verskeie sinodes in die 16e eeu asook die Nasionale Sinode van Dordrecht (1618-1619) het dit as een van die Belydenisskrifte van die Gereformeerde Kerke aanvaar.

Die Heidelbergse Kategismus

Dit het in 1563 te Heidelberg, Duitsland, ontstaan. Op versoek van keurvors Frederick III van die Paltz
is dit as ‘n leerboek en as ‘n troosboek deur ‘n kommissie van Heidelbergse teoloë opgestel. Verskeie sinodes van die 16e eeu en ook die Nasionale Sinode van Dordrecht (1618-1619) het dit as een van
die Belydenisskrifte van die Gereformeerde Kerke aanvaar.

Dordtse Leerreëls

Dit was die beslissing van die Nasionale Sinode van die Gereformeerde Kerke van die Verenigde Nederlande, wat in die jare 1618 en 1619 in Dordrecht gehou is, oor die bekende vyf leerstellings van die Remonstrante waaroor daar in die Gereformeerde Kerke verskil ontstaan het.

Die woord statistiek het sy herkoms in die moderne Latynse frase statisticum collegium vandaar die Italiaanse woord statista en die Duitse woord Statistik.

Dit het die algemene betekenis van die
versameling en klassifisering van data in die vroeë 19e eeu verkry.

Inligting

Vul asb. u name in op die bord agter in die kerk indien u reeds Die Kerkblad ontvang of graag die blad sal wil ontvang. Daar is ook ‘n spasie waar u kan invul indien u ‘n Engelse Bybel wil hê.

Kontakbesonderhede Gereformeerde Kerk Plett/Knysna: