Op Sondag, 23 Mei 2021, om 10 uur is daar weer ‘n erediens in die Melkweg kerk. Die diens word gelei deur ds Braam van der Walt.
Diensbeurt: Plett 2
Ouderling: Tom Espach
Diaken: Marietjie Scholtz
Kollekte: Diakonale Kas
Emeritaatsfonds 2
Katkisasie: Katkisasie direk na die erediens: Les 10
Preek Sondag: Hooglied 5:1-16
Teks: vs. 6
Wees slaggereed vir God se liefde.
Pinksterdag
Kerkraadsvergadering: Ons vra voorbidding vir die Kerkraad se vergadering op 24 Mei 2021.
Meelewing
Baie sterkte aan almal wat siek is, tuis of in die hospitaal, hartseer beleef of swaardra aan bekommernis. Ons dra almal op aan die liefde en genade van ons Almagtige Vade. Ons dink aan Berendien en die moeilike alleenpad wat sy nou moet loop.
Gelukwensing
Baie geluk aan Edwin Plomp wat vandag verjaar. Mag hierdie jaar vir hom baie vreugde, liefde en seën van Bo inhou. Langenhoven het gesê: My Vader daarbo het sy hand op die rat, met sy oë gerig op die draai in die pad.
Baie geluk aan Diané Oosthuizen met die aflegging van haar geloofbelydenis en die ontvangs van haar doop en doopbelofte. Mag die sekerheid van haar geloof kragtig deur die Heilige Gees in haar lewe bevestig word.
Nagmaal
Ons hou D.V. op 30 Mei 2021 Nagmaal. Met die oog hierop is die volgende stukkie geskiedenis nogal interessant:
Op 12 Mei 1652 is die allereerste Nagmaal in Suid-Afrika gehou. Aan die begin moes die nedersetters wat sedert 6 April 1652 aan die Kaap die Goeie Hoop geland het, verlief neem met die dienste van ‘n onderwyser (sieketrooster) Willem Wylant.
Die eerste Nagmaal is op 12 Mei 1652 deur ‘n besoekende predikant, ds. Johannes Backerus bedien, terwyl die eerste doop op 24 Augustus 1653 bedien is. Die klein gemeente wou graag ‘n eie predikant gehad het tot die Here XVII in Amsterdam besluit het om ds. Joan van Arckel 13 jaar na die volksplanting Kaap toe te stuur. Hy land op 18 Augustus 1665 in Tafelbaai. Ds. Van Arckel sterf 6 maande na sy aankoms en word in die binneplein van die Kasteel die Goeie Hoop begrawe.
⦁ Boufonds
Verskeie lidmate het aangedui dat hulle graag met skenkings en dalk arbeid wil help. Ten einde die fonds regmatig te struktureer, versoek die Kerkraad as volg:
⦁ Skenkings van kontant kan u in ‘n koevert Sondae in die kollekte-sakkie plaas, of indien u inbetalings in die gemeente se rekening wil doen, stipuleer asseblief dat dit spesifiek vir die boufonds aangewend moet word.
⦁ Lidmate wat nie in staat is om kontant te gee nie, kan help met die instandhouding van die terrein en gebou. Weereens kan u u naam op ‘n koevert skryf en in die kollekte-sakkie plaas. Die Boukommissie sal met u in verbinding tree.
⦁ André Korsten sal die fonds administreer en die Boukommissie sal die werkers doelmatig aanwend.
Resepteboek
Ons het intussen verneem dat in sommige gesinne die man, nie die vrou nie, verantwoordelik is om kos voor te berei. Ons herinner dus al die mans en dames om hulle beste resepte aan te stuur na hulle diakens of na Monica Venter by monica@quickspace.co.za of na Alvira van der Walt by albralimousin@gmail.com. Dit vorm deel van ons fonds-insamelingsprojek. Ons sal dit baie waardeer indien ons almal se resepte teen 31 Mei kan ontvang.
Die afdelings is: Vleis, vis, hoender en pluimvee, groente en bykosse, slaai, nageregte, terte, koeke, klein koekies en vinger-eetgoed, brood en beskuit, allerlei.
- Ds Braam van der Walt. braamvdwalt61@gmail.com Sel: 082 779 0354
- Skriba: Corrie Pieterse. corrie@tsitotal.co.za Sel: 082 452 3363
- Voorsitter Finansies: André Korsten. andre@africanaffair.net Sel: 082 782 9626
- Bankbesonderhede: Nedbank. Rekeningnommer: 118 435 3514