21 Maart

EREDIENS

Ons is dankbaar dat ds Braam en Alvira weer veilig terug is. Ds Braam lei Sondag die erediens.

Verwelkoming

Ons verwelkom baie graag vir Piet en Paula Serfontein in ons gemeente. Hulle is nuwe intrekkers in Plettenbergbaai. Ons glo en vertrou dat hulle baie gelukkig in ons gemeente sal wees en saam met ons in die geloof sal bly groei. Baie welkom!


Baie geluk aan Jessica Theunissen wat op 20 Maart 9 jaar oud word. Ons is saam met haar ouers, Jaco en Ena, dankbaar vir hierdie nuwe  ewensjaar en glo dat sy nog lank vir almal om haar tot vreugde en seën sal wees

Baie geluk aan Christa Boshoff wat op Maandag, 22 Maart, verjaar. Ons bede is dat sy God se genade sal ervaar en dat Hy haar in hierdie jaar sal lei en bystaan deur sy Heilige Gees.

MEELEWING

Ons dra almal wat siek is, hartseer is en bekommerd is aan ons Vader se liefdevolle genade en beskerming op. Mag Hy almal bystaan met sy alomvattende seën. Ds Dawid Coetzee, emeritusleraar van Gereformeerde Kerk Piet Retief, is op 16 Maart 2021 oorlede.
Ds J.A. (Koos) Jooste, emeritusleraar van Gereformeerde Kerk Noordrand, is op 17 Maart 2021 oorlede.

 Die Kerkblad en Engelse Bybels
Onthou asseblief om u naam op die vorm by die deur in te vul. Ons wil graag weet wie ‘n Engelse Bybel wil
neem en wie reeds ‘n intekenaar van Die Kerkblad is asook wie stel belang om nog in te teken.
 Onderhoud
Die Redakteur van Die Kerkblad, dr Callie Coetzee, se volgende onderhoud is op 28 Maart 2021 op Pta FM om
7:45. U kan ook inskakel op 104.2/106.6MHz of TV oudiokanaal 887.
 Bybelstudie
Bybelstudie in Knysna is D.V. op Maandag, 22 Maart, om 18:00 te Circular Rylaan 56. Ds Braam lei die
bespreking oor Geloof.
 Sinode
Die Deputate Programmering van die Algemene Sinode het tot die konklusie gekom dat die Algemene Sinode
nie vir Januarie 2022 opgeroep word nie, maar uitgestel word tot Januarie 2023. Die spesifieke dae sal
vasgemaak word wanneer die nodige inligting rondom die onderwyskalender deur die Onerwysdepartement
vrygestel word. Alle deputate se werksaamhede kontinueer tot en met die Algemene Sinode 2023. Die datum
vir inhandiging van rapporte vir die Agenda is einde Junie 2022 en vir die Aanvullende Agenda einde Oktober
2022.
 Beroepbaarstelling
Die volgende studente is beroepbaar gestel: Philip Hattingh, David Letebele, Jaco Linde en Izak van der
Westhuizen

Ons dink sommer oor die lewe…

Die lewe wat jy leef…
Die lewe wat jy leef… Waar begin en eindig jóú leef in die pad van jou eie lewe? Die stilte wat jy in jouself kry… Sit jy
ook soms van buite na jouself en kyk en wonder wat in jou kop aangaan?
Is dit ek wat leef of is ek net ‘n marionet van my gedagtes, wat my lewe vir my uitspel? Lê dit wat goed en kwaad is
my teen die hart met deernis vir myself bedoel, of raak die kwaad ‘n juk wat ek my lewe deur dra, wat my terughou
soos ‘n rek wat vorentoe beur en weer vergeefs terugskiet? Om dan weer te probeer ontsnap uit my eie gevangenis
van wat ek dink is eie kwaad?
Sien ék die groen in die lusernland, of is dit net my oë wat kyk? Sien ék die wit seevoëls wat voor my krys of is dit my
oë? Is die strand wat voor my uitstrek bedoel vir mý voetspore, om my eie treë te gee?
Hoeveel keer voel jy asof die tyd stilstaan, asof ‘n sekonde werklik die tyd van ‘n sekonde duur? Ek koester die
oomblikke, bewaar hulle soos kleinnode en bekyk hulle van buite. Ek hou myself vas en sê: Dit is een van daai
eenmaal-oomblikke. En dan besef ek – weet ek: Ja, dit is!

Gedig van ds J.P. Bingle aan die einde van sy preek:
Die Verlossernaam: ’n Vatlike kode Kategismus Sondag 11 (V/A 29); Skriflesing: Eksodus 14:19-31; Teks: Matth. 1:21-21
“….en jy moet Hom Jesus noem….” Matt. 1:21
Die plan is om ʼn Naam geweef
die Godgemaakte plan
die goedgemaakte plan
wat alles vol omvat
maar vir die menslike behoueringsvat nie vol vatlik is nie.
Die Naam is tog genoeg
ʼn vyftal letters
onvoldoende vyf simbole
maar dit kan wel kennelik kodeer
is wel voldoende teks
om die omvattende gemaakte plan
na alkant toe as goeie nuus te sein.
Die letterkode, kodeks-oud,
die redwerk-werkwoord Ouer-Testamenties
vervoeg in Josua, Jesaja, Hoséa en Jesua
vind Nuwe-Testamenties en finaal
kodering in die Jesus-Naam.
Dié plan deur niks te stuit
(selfs nie deur krake in die klei van die kodeerderkruik beperk)
se kodewoord is geen modewoord
wat God se plan beheer of vatklaar kalibreer.
Tog is die kode die beperkte aardse vat
se teks om ongehinderd uit te spreek;
dit is die wewerstong se greep en vat
op skering en die inslag van ònt-perkte Woordeweef.
Die Jesus-naam, ʼn tekstuele kode
wat ek gelowig mag dé-kodeer
ontdekkend oop mag breek
as goeie nuus mag preek.
Dit is kortliks teks en kode
in konteks en bestek van my kort lewenspan.
Daarom sal ek
“verlos uit doodsgevare,
nou dat ek weer kan asemhaal,
my offers bring op u altare
en my geloftes U betaal.”