EREDIENS
Op Sondag, 18 April 2021, om 10 uur is daar weer ‘n erediens in die Melkweg kerkie. Die diens word gelei deur ds Braam van der Walt.
Diensbeurt: Plett Oos
Kollekte: Diakonale Kas; Bolandse Bedieningsfonds
Katkisasie: Direk na die erediens
Ef.4:17-5:20
Teks: 4:27,30 en 5:18b
Leef as beseëlde van God die Heilige Gees.
Onderhoud
Die volgende onderhoud van die redakteur van Die Kerkblad word op Pta FM op Sondag, 18 April 2021 om 7.45 uitgesaai. Luisteraars kan inskakel op 104.2/106.6MHz of TV oudiokanaal 887.
Meelewing
Baie sterkte aan almal wat siek is, tuis of in die hospitaal, hartseer beleef of swaardra aan bekommernis. Ons dra almal op aan die liefde en genade van ons Almagtige Vader. Ons is saam met Gerda dankbaar dat die uitslag van die toetse bewys dat sy op die herstelpad is. Ons dink aan Berendien en die moeilike alleenpad wat sy nou moet loop.
Gelukwensing
Baie geluk aan Josua van Tonder wat op 17 April verjaar. Ons wens is dat hy sal opgroei in die getroue sorg van ons Vader en dat hy en sy ouers, Johan en Gerda, nog baie vreugdevolle jare saam met hom sal geniet. Ons wens ook graag vir Christine van Tonder geluk met haar verjaarsdag op Dinsdag, 20 April. Mag God se seën hierdie jaar in oorvloedige mate soos ‘n kleed oor haar vou en haar in sy liefde bewaar.
Die name van God
Hier volg ‘n lys van sommige van die name van God soos dit in die Bybel voor kom:
EL, ELOAH: God, almagtig, sterk, allerhoogste. Gen. 7:1
ELOHIM: God, Skepper, almagtig, sterk. Die meervoudsvorm van Eloah. Gen. 1:1
EL SHADDAI: God Almagtig. God se hoogste almag oor alles. Gen. 49:24
ADONAI: Here. Dit is gebruik in die plek van Jahwe wat deur die Jode beskou is as te heilig om deur sondige mense uitgespreek te word. Rigters 6:15
JHWH/ JAHWEH/JEHOWA: Streng gesproke die enigste ware naam vir God. Dit spesifiseer ‘n onmiddellikheid, ‘n teenwoordigheid. Deut. 6:4
JAHWEH-JIREH: Die Here voorsien. Gen. 22:14
JAHWEH-RAPHA: Ek, die Here wat julle gesond hou. Eks. 15:26
JAHWEH-NISSI: Die Here gee my die oorwinning.Eks. 17:15
JAHWEH-M’KADDESH: Ek is die Here, Ek heilig julle aan my. Eseg. 37:28
JAHWEH-SHALOM: Die Here gee rus. Rigters 6:24
JAHWEH-ELOHIM: Here God. Ps. 59:5
JAHWEH-TSIDKENU: Die Here verskaf reg aan ons. Jer.33:16
JAHWEH-ROHI: Die Here is my Herder. Ps. 23:1
JAHWEH-SHAMMAH: Die Here is daar. Eseg. 48:35
JAHWEH-SABAOTH: Die Here van die leërskare. Ps. 46:7
EL ELYON: Allerhoogste. Deut. 26:19
EL ROI: U is ‘n God wat my sien. Gen. 16:13
EL-OLAM: Ewige God. Ps. 90:1-3
EL-GIBHOR: Almagtige God. Jes. 9:6
Apokriewe boeke
Die Griekse woord apokruphos beteken verborge en apokriewe was aanvanklik in letterlike sin die verborge geskrifte. Die Kerk het egter hierdie boeke in ‘n minder gunstige lig beskou en het dit ‘n negatiewe konnotasie gekry. Dit is gesien as vervalsings met geen gesag. Augustinus noem dit die fabels van daardie geskrifte wat apokriewe genoem word. Hier volg ‘n verhaal wat in die apokriewe boeke voor kom en wat heeltemal onaanvaarbaar is.
- Toe die kindjie Jesus vyf jaar oud was, was Hy (na ‘n reent) aan speel by die drif van ‘n spruit. En die lopende water het Hy bymekaar gekeer in damme en hulle onmiddellik helder laat word, op sy blote woord het Hy hulle daartoe beveel.
- En nadat Hy sagte klei gemaak het, het Hy daaruit twaalf mossies gevorm. En dit was op die sabbat toe Hy dit gedoen het. En daar was ook baie ander kindertjies wat saam met Hom gespeel het.
- En toe ‘n sekere Jood sien wat Jesus gemaak het terwyl Hy op die sabbatdag speel, het hy dadelik heengegaan en vir sy vader Josef gesê: Kyk, jou Kind is by die spruit en Hy het klei geneem en daarvan twaalf voëltjies gemaak en so die sabbat ontheilig.
- En Josef gaan na die plek en sien dit en hy roep na Hom en sê: Waarom doen Jy op die sabbat hierdie dinge wat nie geoorloof is om te doen nie? Maar Jesus het sy hande geklap en na die mossies geroep en gesê: Gaan! En die mossies het opgevlieg en tjirpend weggegaan.
- En toe die Jode dit sien, was hulle verbaas en hulle het teruggegaan en aan hulle owerstes vertel wat hulle Jesus sien doen het.
Algemeen
- Covid-regulasies soos afgekondig voor die Paasnaweek
- Teedrink na die erediens is wel toelaatbaar. Die normale reëls t.o.v. maskers en afstand geld.
- Die verbod op sang in die erediens is reeds by die eerste fase 3 opgehef.
- Godsdienstige byeenkomste: Bywoning is verhoog na 250.
- Die Kerkblad
In die jongste uitgawe van Die Kerkblad skryf prof. Callie Coetzee (redakteur): En nou, ná 147 jaar, bevind Die Kerkblad hom in die grootste bestaanskrisis en is die toekoms van ons blad in onsekerheid gedompel.
Hiervoor is daar twee redes. Eerstens het die gemeentes se bydraes drasties afgeneem a.g.v. die ekonomie en die pandemie. Gemeentes kon bv. nie meer kollektes vir die kerklike tydskrifte insamel nie. Tweedens neem die intekenaretal voortdurend af en moet ‘n klein groepie van 1300 lede (ongeveer drie intekenare per gemeente) die stygende koste dra.
Op die oomblik is daar ‘n tekort van R160 000.
Ons doen ‘n ernstige beroep op ons gemeente om in te teken op Die Kerkblad of om ‘n bydrae in te betaal. Laasgenoemde kan by ons gemeente inbetaal word met ‘n duidelike verwysing na Die Kerkblad.
Skakel ook met Johan van Tonder, sel: 079 399 2444. Hy tree op as skakelpersoon met die redaksie van Die Kerkblad vanuit ons gemeente.
Vir intekening:
Tel. 018 297 3986
bestellings@gksa.co.za/kerkblad@gksa.co.za
Gedrukte uitgawes: R434
Elektronies e-pos: R126
- Uitgawes
Kwartaalblad
Ons wil graag aan die einde van April ‘n kwartaalblad waarin die gezoem van ons gemeente weerspieël kan word, uitstuur.
Moontlike inhoud:
- ‘n Terugblik en nou vorentoe.
- ‘n Opgedateerde lys van die besonderhede van nuwe lidmate asook lidmate wiese selnommers of adresse verander het.
- Die wyksindelings.
- Verslae van die verskillende groepe en hulle werksaamhede gedurende die kwartaal.
- Ongeveer twee relevante artikels.
- Advertensies waarin gemeentelede produkte, verblyf ens. kan adverteer.
Lewer asseblief insette. Enige veranderings, byvoegings, moontlike sketse of artikels is baie welkom.
Stuur dit na monica@quickspace.co.za
Indien daar gemeentelede is wat graag met hierdie projek behulpsaam wil wees, sal ons dit baie waardeer.
Begroting
Die ouderlinge is in die proses om vorms beskikbaar te stel waarop alle belydende lidmate van ons gemeente kan aandui wat hulle beoog om die jaar as kerklike bydrae te gee. Vul dit asb. in en besorg dit terug aan u ouderling voor 25 April. Dit is noodsaaklik, want ‘n begroting moet opgestel word.
Inligting
Vul asb. u name in op die bord agter in die kerk indien u reeds Die Kerkblad ontvang of graag die blad sal wil ontvang. Daar is ook ‘n spasie waar u kan invul indien u ‘n Engelse Bybel wil hê.
Kontakbesonderhede Gereformeerde Kerk Plett/Knysna:
- Ds Braam van der Walt. braamvdwalt61@gmail.com Sel: 082 779 0354
- Skriba: Corrie Pieterse. corrie@tsitotal.co.za Sel: 082 452 3363
- Voorsitter Finansies: André Korsten. andre@africanaffair.net Sel: 082 782 9626
- Bankbesonderhede: Nedbank. Rekeningnommer: 118 435 3514