EREDIENS
Op Sondag, 13 Junie 2021, om 10 uur is daar weer ‘n erediens in die Melkweg kerk. Die diens word gelei deur ds. Arthur Miskin.
Diensbeurt: Plett Oos
Ouderling: Corrie Pieterse
Diaken: Ronelle Pieterse
Kollekte: Diakonale kas
Teol. Studentekas
Katkisasie: Katkisasie les 12.
Preek Sondag: Skriflesing: Hebreërs 1
Fokusvers: Heb. 1:1-2
Tema: Die Woord Toé
Die Woord Noú
⦁ Meelewing
Baie sterkte aan almal wat siek is, tuis of in die hospitaal, hartseer beleef of swaardra aan bekommernis. Ons dra almal op aan die liefde en genade van ons Almagtige Vader.
⦁ Gelukwensing
Ons wens graag vir Chrissie Fick ( 16 Junie) en Gawie van Zyl (17 Junie) geluk met hulle verjaarsdae. Ons bid saam met Paulus dat ons Vader deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan hulle die krag sal gee om innerlik sterk te word, dat Christus in hulle harte sal woon en dat hulle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees.
Gawie en Magdeld van Zyl Chrissie Fick
⦁ Die Kerkblad
Prof. Callie Coetzee, redakteur van Die Kerkblad.
Die redaksie van Die Kerkblad versoek intekenare om die volgende inligting aan hulle deur te gee:
1. Is u ‘n huidige of nuwe intekenaar?
2. Die gemeente waarvan u ‘n lidmaat is.
3. Dui aan indien u nie ‘n lidmaat van ‘n Gereformeerde gemeente is nie.
4. Naam, voorletters en van.
5. Telefoon/selnommer.
6. E-posadres.
7. Hardekopie of digitale intekening.
U kan die inligting per e-pos stuur na: kerkblad@gksa.co.za
Die volgende onderhoud van die redakteur van Die Kerkblad op PtaFM word weer op 20 Junie 2021 om 7:45 uitgesaai. Luisteraars kan inskakel op 104.2/106.6 MHz of TV oudiokanaal 887.
⦁ PEPUDA: Promotion of Equality and the Prevention of Unfair Discrimination Act.
Net weer om almal hieraan te herinner. Dit is ook in Die Getuie van 6 Junie genoem. Dit is ‘n baie belangrike saak wat almal se insette benodig sodat godsdiensvryheid in ons land beskerm kan word. Indien u nie self ‘n bydrae kan maak nie, stuur dit asseblief aan persone wat oor die nodige kennis beskik.
Die Wet se doel is om gelykheid te bevorder en onbillike diskriminasie te voorkom. Die Wet is in Februarie 2000 gepromulgeer. Op die oomblik word daar gewerk aan wysigings van die Wet. Voorleggings kan aan die Departement van Justisie voor 30 Junie daaroor gemaak word. Verskeie organisasies waarsku dat die wysigings wat voorgestel word godsdiensvryheid in gedrang bring en dat die latente gevare in die oorspronklike wet nou ‘n werklikheid kan word. GKSA se Deputate Owerheid het hiervan kennis geneem en met ‘n proses van bestudering van die beoogde wysigings, konsultering en advies deur kundiges begin. Feitelike kommentaar en dokumente wat hulle in die proses kan help, kan gestuur word aan ds. Marcel Floor by marcelfloor07@gmail.com.
Daar is ook ‘n templaat beskikbaar wat na die Departement van Justisie gestuur kan word. Dit is beskikbaar op die FOR SA webtuiste by: https://forsa.org.za/alert-urgent-download-template-submission-oppose-pepuda-amendment-bill/
⦁ Tweede Virtuele “Draf/Stap/Fietsry vir Hoop”
Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (BSA) bied met dankbaarheid die tweede Virtuele “Draf/Stap/Fietsry vir Hoop” aan op DV 21 en 22 Augustus 2021. Elke deelnemer se inskrywingsgeld van R100 is ’n bydrae tot die 2 Miljoen Bybels projek. Daarmee word elke deelnemer ’n SAAIER van HOOP.
Daar is verskillende maniere waarop deelgeneem kan word.
⦁ Individuele inskrywings
Jy registreer en betaal elektronies op die inskrywingsplatform. Gebruik die volgende skakels vir toegang:
⦁ Webblad: https://www.modernathlete.co.za/event/virtual-run-cycle-for-hope/ of
⦁ Facebook: https://fb.me/e/4j1OK1ohV?ti=wa
Maak ‘n keuse vir “Gereformeerde kerk” want dan word jou inskrywingsgeld aan die GKSA gekoppel. Dit sal ons by die BSA in staat stel om daarvoor erkenning te gee in ons verslag aan ons Kerke.
Individue neem op die tyd en plek van hulle keuse deel.
Jy kan nou registreer aangesien die registrasie-platform reeds geopen het.
⦁ Groep inskrywings
Gemeentes, klubs en ander groepe kan van ‘n massa-inskrywing gebruik maak. Enige inskrywing van tien of meer deelnemers geld as ‘n massa-inskrywing. Dit werk so:
⦁ Maak ‘n opname van hoeveel lede van die gemeente of groep gaan deelneem.
⦁ Stuur ‘n e-pos na ⦁ info@modernathlete.co.za⦁ met ‘n versoek vir ‘n massa- i nskrywing van die aantal deelnemers.
⦁ Modern Athlete sal ‘n betalingsversoek stuur wat die gemeente of groep dan namens almal betaal.
⦁ Sodra die betaling gemaak is, stuur Modern Athlete ‘n kodebewys wat die deelnemers dan moet gebruik om steeds self te registreer op die platform maar sonder om te betaal.
Die fondse wat op die wyse ingesamel word, sal die Bybelgenootskap in staat stel om voort te gaan met die vertaal en druk van die Bybel en om net nog meer Bybels te kan versprei in Suid-Afrika en 2-miljoen Bybels in mense se hande te plaas wat dit broodnodig het.
⦁ 4 Junie 1902 | Eerste nedersetters vestig hulle in Argentinië.
Is daar dalk van ons gemeentelede se voorsate daar?
Tydens ’n roerende seremonie in Junie 2012 het die Afrikanernasate in Comodoro Rivadavia, Patagonië, die 110-jarige herdenking van die koms van hul voorouers na Argentinië gevier.
Martin Blackie het in ’n toespraak in Spaans (foto) herinneringe gedeel en ook gepraat oor die gemeenskap van sowat 300 mense wat nog ’n Afrikaanse van het.
Die geleentheid het plaasgevind by die gedenkteken ter ere van die Afrikanerbaanbrekers, onder wie heelparty Gereformeerdes. In ’n berig oor die seremonie wat in El Patagónico verskyn het, skryf dié koerant die eerste nedersetters het Comodoro Rivadavia op 4 Junie bereik.
Nog groepe het in 1903, 1905 en 1907 in Patagonië aangekom, “meestal uit Transvaal en die Oranje-Vrystaat”. Blackie het vertel die setlaars het hulle toegespits op skaapboerdery, paaie geboue, ongetemde gebiede mak gemaak en produkte, soos hawer, gars en lusern, verbou.
“Hulle het hul kinders hul gewoontes, kultuur en taal geleer. Selfs vandag praat baie van hulle afstammelinge Afrikaans,” volgens El Patagónico, waarin meegaande foto verskyn het.
⦁ Ds. Sang Eun Kim
Ds. Sang Eun Kim van GK Rustenburg het die beroep na GK Cachet (met die finansiële ondersteuning van gemeentes in Suid-Korea) aanvaar met evangelisasie opdrag vir die Engelssprekende studente op Die Bult en die kampus.
Kontakbesonderhede Gereformeerde Kerk Plett/Knysna:
- Ds Braam van der Walt. braamvdwalt61@gmail.com Sel: 082 779 0354
- Skriba: Corrie Pieterse. corrie@tsitotal.co.za Sel: 082 452 3363
- Voorsitter Finansies: André Korsten. andre@africanaffair.net Sel: 082 782 9626
- Bankbesonderhede: Nedbank. Rekeningnommer: 118 435 3514