EREDIENS
Op Sondag, 11 April 2021, om 10 uur is daar weer ‘n erediens in die Melkweg kerkie. Die diens word gelei deur ds Braam van der Walt.
Die Here het in ‘n wolk afgekom en daar by Moses kom staan en die Naam “die Here” uitgeroep. (Eks 34:5)
Moses was alleen op die berg. Niemand anders is op die berg toegelaat nie. Hy moes alleen by God wees.
Toe die “verskyning” van God gebeur, het Hy langs Moses “kom staan”. Hiervoor moes Moses opoffer om vroeg die oggend die berg Sinai op te gaan. “Wag vir my daar,” sê God, “op die top van die berg.” Die tema is eintlik aangrypend: Wag vir My daar, want Ek sal sekerlik kom en langs jou kom staan. Sint Macarius, een van die Hesichastiese vaders (hesichia beteken kalmte) skryf: Die een wat na die Here wil naderkom terwyl die Here ook naderkom, moet kom met onverdeelde aandag gerig op die Here, met ‘n inspanning van die hart en ‘n soberheid van gedagtes. Die moeilikste deel is waarskynlik om te wag en die maklikste deel is die wete dat Hy langs my sal kom staan, want Hy het die waters van my eie Jordaan in die verlede onverklaarbaar laat opdroog sodat ek deur die krisis kon kom en Hy sal dit weer doen.
- Diensbeurt: Plett 4
- Kollektes: Diakonale kas; Ekumenisiteit Buitelands.
- Katkisasie: Direk na die erediens.
- Bybelstudie: Knysna – Maandag, 12 April om 18:00 aan huis van Christine van Tonder. Adres: Seal Close 26, Life Style Estate, Welbedacht. Ds Van der Walt lei die gesprek oor Geloof.
- Begroting: Die ouderlinge is in die proses om vorms beskikbaar te stel waarop alle belydende lidmate van ons gemeente kan aandui wat hulle beoog om die jaar as kerklike bydrae te gee. Vul dit asb. in en besorg dit terug aan u ouderling voor 25 April. Dit is noodsaaklik, want ‘n begroting moet opgestel word.
- Kwartaalblad: Ons wil graag aan die einde van April ‘n kwartaalblad waarin die gezoem van ons gemeente weerspieël kan word, uitstuur.
Moontlike inhoud:
- ‘n Terugblik en nou vorentoe.
- ‘n Opgedateerde lys van die besonderhede van nuwe lidmate asook lidmate wiese selnommers of adresse verander het.
- Die wyksindelings.
- Verslae van die verskillende groepe en hulle werksaamhede gedurende die kwartaal.
- Ongeveer twee relevante artikels.
- Advertensies waarin gemeentelede produkte, verblyf ens. kan adverteer.
Lewer asseblief insette. Enige veranderings, byvoegings, moontlike sketse of artikels is baie welkom.
Stuur dit na monica@quickspace.co.za
Indien daar gemeentelede is wat graag met hierdie projek behulpsaam wil wees, sal ons dit baie waardeer.
Meelewing
Baie sterkte aan almal wat siek is, tuis of in die hospitaal, hartseer beleef of swaardra aan bekommernis. Ons dra almal op aan die liefde en genade van ons Almagtige Vader. Ons dink in die besonder aan Berendien met die afsterwe van haar man, Buks, Vrydagoggend. Mag die Here se liefde en trou met haar wees in hierdie hartseertyd.
Gelukwensing
Baie geluk aan Bernard van den Berg en Salomé van Wyk wat altwee op 9 April verjaar het. Ons wens vir julle is ‘n nuwe lewensjaar gevul met liefde, genade en vreugdevolle oomblikke. Mag ons Vader julle toevou in sy Almag.
Salomé van Wyk
Nuwe ontdekking
‘n Nuwe stel van die Dooie See-rolle, fragmente wat amper 2000 jaar terug dateer, is nou ontdek. Dit is moontlik weggesteek tydens ‘n Joodse opstand teen Rome. ‘n Argeologiese projek van 4 jaar het dele van die Twaalf Klein Profete, nl. Sagaria en Nahum ontdek. Dit is die eerste ontdekking na 60 jaar en is in ‘n grot in die woestyn in Judea gevind.
Hiermee saam is die geraamte van ‘n gedeeltelik gemummifiseerde kind ontdek. Na skandering is bevind dat die kind se ouderdom tussen 6 en 12 jaar is – met dele van die vel, senings en selfs van die hare nog bewaar. Die tekste is almal in Grieks en in Nahum 1:5-6 staan: Die berge bewe as gevolg van Hom. En die heuwels smelt. Die aarde deins voor Hom. Die wêreld en alles wat daarin woon. Wie kan bly staan voor sy woede? Wie kan sy toorn weerstaan? Sy woede is soos ‘n vuur en rotse is uitmekaar gebreek as gevolg van Hom.
Die woorde is effens anders as vorige tekste. Die eerste stel van die Dooie See-rolle is in 1947 deur ‘n Bedoeïense skaapwagter in dieselfde area ontdek. Die area se droë klimaat dra by tot die goeie kondisie waarin die dokumente gevind is. Hommeltuie is ook gebruik om dele van die grot te bereik.
Argeoloë Hagay Hamer en Oriah Amichai besig om grond in die grot te sif.
Die 2020 Bybelvertaling
Die Kerklike Advieskomitee (KABA) het in 2004 die volgende vertaalopdrag goedgekeur:
Skep ‘n goed verstaanbare, bronteksgeoriënteerde Afrikaanse vertaling van die Bybel wat geskik is vir voorlesing en gebruik in eredienste, asook vir kategese, Bybelstudie en persoonlike gebruik.
Hierdie opdrag is verder omskryf as ‘n vertaling wat ‘n getroue weergawe van die betekenis van die bronteks moet wees, terwyl die beelde, metafore, styl en struktuur van die bronteks so ver moontlik behou moet word. Die vertaling moet van hoë letterkundige gehalte en goed verstaanbaar wees.
Daar word dus gepoog om alles wat kenmerkend van die bronteks is, getrou weer te gee. In goed verstaanbare Afrikaans impliseer onder andere dat die vertaling ‘n duidelike, maar steeds getroue, weergawe van die betekenis van die bronteks en van hoë letterkundige gehalte moet wees.
Dit is ‘n direkte vertaling wat daarna streef om so te vertaal asof die Bybelskrywers in hulle eie woorde van duisende jare gelede self aan die woord gestel word, en in vloeiende idiomatiese Afrikaans. Die vertaling word nie aangepas by die leefwêreld van vandag nie. Die terminologie van die brontaal word so ver moontlik gehandhaaf. Spesiale aandag is aan die vorm van liedere en gedigte gegee, sodat die eie aard van Bybelse poësie so ver moontlik behoue bly.
Psalm 42 1983-vertaling
Vir die koorleier.
‘n Gedig van die Koragiete.
Soos ‘n wildsbok smag
na waterstrome,
so smag ek na U, o God,
Ek dors na God, na die lewende God.
Wanneer kan ek gaan
en voor God verskyn?
Psalm 42 2020-vertaling
Vir die musiekleier. ‘n Maskiel (1).
Van die Koragiete.
Soos ‘n wildsbok (2)
wat smag na waterstrome,
So smag my siel (3) na U, o God.
My siel dors na God,
na die lewende God.
Wanneer kan ek in die tempel (4) ingaan
en voor God verskyn?
Verwysings onder aan die bladsy:
- Maskiel: Daar is onsekerheid oor die betekenis van die Hebreeuse woord, en dit word verskillend vertaal.
- Wildsbok: Waarskynlik Rooitakbok.
- Siel: Die Hebreeuse woord verwys hier na die innerlike dimensie van ‘n mens se lewe wat geassosieer word met gevoelens en emosies.
- In die tempel: Hierdie woorde kom nie in die bronteks voor nie, maar word veronderstel.
Algemene inligting
Die Kerkblad
In die jongste uitgawe van Die Kerkblad skryf prof. Callie Coetzee (redakteur): En nou, ná 147 jaar, bevind Die Kerkblad hom in die grootste bestaanskrisis en is die toekoms van ons blad in onsekerheid gedompel.
Hiervoor is daar twee redes. Eerstens het die gemeentes se bydraes drasties afgeneem a.g.v. die ekonomie en die pandemie. Gemeentes kon bv. nie meer kollektes vir die kerklike tydskrifte insamel nie. Tweedens neem die intekenaretal voortdurend af en moet ‘n klein groepie van 1300 lede (ongeveer drie intekenare per gemeente) die stygende koste dra.
Op die oomblik is daar ‘n tekort van R160 000.
Ons doen ‘n ernstige beroep op ons gemeente om in te teken op Die Kerkblad of om ‘n bydrae in te betaal. Laasgenoemde kan by ons gemeente inbetaal word met ‘n duidelike verwysing na Die Kerkblad.
Skakel ook met Johan van Tonder, sel: 079 399 2444. Hy tree op as skakelpersoon met die redaksie van Die Kerkblad vanuit ons gemeente.
Vir intekening:
Tel. 018 297 3986
bestellings@gksa.co.za/kerkblad@gksa.co.za
Gedrukte uitgawes: R434
Elektronies e-pos: R126
11 Uitgawes
GKSA Webblad:
Die aansig van die webblad is verander a.g.v. veral twee faktore:
- Internet-toegang: Al meer mense het toegang tot Internet, maar gebruik slimfone i.p.v. Die brein en skermgrootte van die selfoon is baie kleiner as dié van die rekenaar. Daar moes dus ‘n aanpassing gedoen word sodat die webblad op die slimfoon gebruik kan word.
- Herorganisasie van die blad. Die webblad het vanaf 1997 ontwikkel. Die blad is reeds tweekeer oorgedoen, maar die tegnologie wat gebruik is, word nie meer in die rekenaarwêreld ondersteun nie.
Opbouende opmerkings en terugvoer van die gebruikers sal waardeer word.
Sustersaamtrekke:
Alle Sustersaamtrekke is uitgestel tot Maart 2023. Die onsekerheid t.o.v. die Covid-pandemie en die verloop van die inentingsproses het hierdie besluit genoodsaak. Alle sameroepers vir die saamtrekke soos gereël vir 2021/2022 word gekontinueer.
Kontakbesonderhede Gereformeerde Kerk Plett/Knysna:
- Ds Braam van der Walt. braamvdwalt61@gmail.com Sel: 082 779 0354
- Skriba: Corrie Pieterse. corrie@tsitotal.co.za Sel: 082 452 3363
- Voorsitter Finansies: André Korsten. andre@africanaffair.net Sel: 082 782 9626
- Bankbesonderhede: Nedbank. Rekeningnommer: 118 435 3514